|
|
|
Beeld-Kinderfonds GeskiedenisDie Kinderfonds het sy ontstaan in 1977 gehad toe Beeld en die Rapportryers van Langlaagte saamgespan het om geld in te samel om kinders van die Abraham Kriel Kinderhuis in Langlaagte, asook kinders uit Mayfair , Vrededorp en Claremont in Johannesburg, met vakansie see toe te neem. Mnr Ton Vosloo, redakteur van Beeld in daardie tyd, was in die eerste gesprekke gewillig om berigte te plaas, maar die redaksie van Beeld was huiwerig om met 'n fonds te begin, aangesien Beeld nog 'n nuwe koerant in Transvaal was en ander koerantfondse soos die Transvaler se Kersfonds en die Vaderlandse Kinderstrandfonds nog sterk gefunksioneer het. Vir die jong koerant sou dit 'n berekende risiko wees om te poog om te kompeteer met die koerante. Die behoefte was egter sterk by Beeld om meer betrokke te raak by sy gemeenskap se minderbevoorregte kinders. Daarom is die besluit tog geneem om betrokke te raak. Daar is 'n beroep gedoen op sakeondernemings, Beeldlesers en die publiek om by te dra tot die fonds. Die Rapportryers van Langlaagte besluit het dat hulle op 'n praktiese wyse 'n verskil wou maak in hulle gemeenskap. Ds Dawid Venter, destyds ook 'n teologiese student, wat destyds op 'n vryskutbasis by Beeld as verslaggewer gewerk het, het by Beeld gaan aanklop om 'n beriggie te plaas oor die kamp. Mnr Nic Lötter visie-hoof van John Orr Skool in Johannesburg en ds. Johan Krige, destyds 'n teologiese student in die NG Gemeente Fordsburg, het die inisiatief geneem en die eerste kamp is vanaf 6-13 Desember 1977 by Sportweni aan die Natalse Suidkus gehou. Die eerste kamp het as die Jeugleiers- ontspanningskursus bekend gestaan. Daar is gefokus op minderbevoorregte kinders en kinders wat andersins nooit die geleentheid sou kry om met vakansie see toe te gaan nie. Beeld het die eerste jaar twee berigte geplaas waarin lesers gevra is om ondersteuning vir die kamp. 43 persone het as borge opgetree en die bedrag van R 2846.24 is ingesamel. Daarmee is 55 kinders op die eerste kamp geneem. In 1978 is twee kampe gehou. Dawid Venter, Johan Hölscher, Nic Lötter en Claude Möller was by die een kamp vanaf 8 - 15 Desember betrokke. Johan Krige, Stefan en Karin Krige, Helen Krige en Elise van Niekerk was by die ander kamp vanaf 22 - 29 Desember as personeel betrokke. Die doel van die kampe was om jongmense geleentheid te gee om by die see te kon kom, baie vir die heel eerste keer. Daar is ook met hulle gepraat oor Christenskap, verhoudings en Afrikaneridentiteit. In daardie jare het die Christelike Maatskaplike Raad, kinderhuise, kerke en skole kinders aan die kampe toegewys. Studente van die eertydse Goudstad Onderwyskollege en die Randse Afrikaanse Universiteit het met die vakansies toesig gehou. In 1982 het dit sowat R100 gekos om 'n kind vir tien dae see toe te neem. Vanjaar sal dit na raming R1000 per kind kos vir sewe dae. |
Tuis | Doelstellings | Gholf | Geskiedenis | Foto's | Kontak ons Spinning | Gholf | Kerskonsert | Valentynsbal | Mode-skou | Motorkompetisie |
|
** Beeld-Kinderfonds is 'n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie met registrasie nemmer: NPO 003-982. Beeld-Kinderfonds is ook geregistreer vir belasting vryskelding i.t.v. Artikel 18. Donateurs kan belastingsertifikate ontvang vir hul skenking aan Beeld-Kinderfonds. |
|