KONTAK ONS
Skakelbeampte:
011 976-2273 / Epos
Administratiewe
Beampte

011 394 7745 / Epos

BANKBESONDERHEDE
VIR DONASIES

ABSA
Takkode: 632-005
Rek: 2840157329
Verwysing: Naam & Van
van skenker
Faks bewys van betaling
na 086-550-3498 indien
u 'n belastingsertifikaat benodig.

Beeld-Kinderfonds Kerskonsert

Beeld-Kinderfonds se Kerskonsert spog vanjaar weer met verskeie groot Afrikaanse sterre.  Die konsert bestaan uit Kersmusiek en geestelike liede en vind plaas op Woensdag 30 November om 19:30 by die NG Kerk Moreleta Park te Woodlands, Pretoria. Dit is op die hoek van Garsfonteinweg en De Villebois Mareuilstraat, Pretoria-Oos. Die ingang is in De Villebois Mareuilstraat.

Kom geniet ‘n heerlike 3 gang aandete voor die Kerskonsert teen R100 per persoon.
Spyskaart: Biefrol, Hoenderpastei, Roomspinasie en pampoenkoekies, 2 slaaie en roomys met sjokoladesous vir nagereg.
Bespreek jou ete by 011 976-2273.

Die kunstenaars wat vanjaar optree is Jannie Moolman, Rina Hugo, Bobby van Jaarsveld, Lianie May, Gerrie Pretorius, Leon Ferreira, Rudi Muller, Francois Coetzee en Jan de Wet.

Kaartjie pryse wissel afhangende van waar u sit: R 70, R 85, R 115 en R 170 (goedkoper na agter)

Groepe van 20 of meer kry 10% afslag, maak jou groepbespreking by 011976-2273 of info@beeldkinderfonds.co.za

Besprekings kan gedoen word deur www.iTicket.co.za of skakel 0861-000-291.

Navrae kan gerig word aan Adrie van Staden adrie@beeldkinderfonds.co.za of 011-976-2273

Verversings sal te koop wees, asook programme. Cd's van die kunstenaars sal na die vertoning te koop wees.

Kerskonsert 2009

Kerskonsert 2009

Kerskonsert 2008

Kerskonsert 2008

Navrae: Adrie van Staden, Skakelbeampte Beeld-Kinderfonds (011) 976-2273


AccTech Systems