KONTAK ONS
Skakelbeampte:
011 976-2273 / Epos
Administratiewe
Beampte

011 394 7745 / Epos

BANKBESONDERHEDE
VIR DONASIES

ABSA
Takkode: 632-005
Rek: 2840157329
Verwysing: Naam & Van
van skenker
Faks bewys van betaling
na 086-550-3498 indien
u 'n belastingsertifikaat benodig.

Beeld-Kinderfonds 2011 SUPER 10
SPIN EN TRAPMEUL MARATHON

For the English Version, please click here.




Kom word deel van ‘n baie opwindende Spin Marathon op Saterdag 17 September by die waterkant van Centurion Mall. Dit word aangebied ten bate van Beeld-Kinderfonds, in samewerking met Beeld, Exxaro en Centurion Mall. Virgin Active sal die fietse en Nomadik Tente voorsien ‘n tent terwyl PVM en Clover produkte voorsien. Ons mikpunt vanjaar is om R 350,000 met hierdie projek in te samel

Beeld-Kinderfonds is ‘n liefdadigheidsorganisasie met die doel om geld in te samel vir kinders in nood en bestaan vanaf 1977. Die geld word aangewend vir kinders van alle rasse wat minderbevoorreg, verwaarloos, gestremd, mishandeld en/of gemolesteerd is, asook om kinders met of geraak deur MIV/Vigs te help met noodleniging, opvoeding en lewensverryking.

Die Spinning en Trapmeul Marathon:

Daar is vanjaar 3 vorme van deelname:

  1. 10 uur marathon op 17 September 08:00 – 18:00 – individue en spanne kan deelneem; (Spanne bestaan uit 2 tot 10 lede, ‘n span kry een fiets vir die dag – tensy anders gereël word)
  2. 24 uur marathon begin 18:00 op 16 September en eindig 18:00 op 17 September – korporatiewe uitdaging; (kry meer besonderhede by info@beeldkinderfonds of tel: 073 7492697 / 011 976-2273)
  3. 24 uur trapmeul (“treadmill”) uitdaging vir spanne (klubs en korporatiewe spanne)

Daar is 5 kategorieë om in deel te neem:

KATEGORIE 1
Span deelname
Spanne neem deel teen die spanfooi van R1500. Hierdie kategorie is betaalbaar 7 dae voor aanvang van die marathon (dus teen 11 September). Let daarop dat Virgin Active se spinfietse gebruik word en dat die fietse nie meters bevat nie. As jy nie self ‘n span wil inskryf nie, kan jy ‘n kinderhuisspan borg (Jakaranda Kinderhuis / Abraham Kriel Kinderhuis) @ R1500 om aan die dag deel te neem.
KATEGORIE 2
: Spanne: uitdaging vir die meeste kilometers
Spanne wat hiervoor inskryf kry fietse met afstand meters. Die organiseerders hou uurliks record van die kilometres getrap. Daar sal ‘n spanprys wees vir die span met die meeste kilometres oor die 10 ure van die marathon.

In hierdie kategorie word die span geborg deur sy werkgewer (of enige ander maatskappy) teen ‘n bedrag van sy keuse, bv R30/ R50 per kilometer Daar is egter ‘n minimumbedrag betaalbaar van R3000, sou die span minder as R3000 inbring met die afstandkompetisie. Die bedrag is betaalbaar binne 7 dae na afloop van die marathon. Die organiseerders sal behoorlik rekord hou van die kilometers getrap deur elke span. Die totale sal direk na afloop van die marathon bekend gemaak word. Spanne moet aan Beeld-Kinderfonds bewys lewer van borgskappe, minstens 8 dae voor die marathon.

Ons is bereid om aan borge blootstelling te gee, afhangede van die borgskap. Spanne wat mekaar uitdaag sal ook publisiteit ontvang – so maak ‘n plan ek kry jou foto in Beeld!!
KATEGORIE 3
Individuele inskrywings
Koste: R150 per persoon per sessie. Bespreek vooraf die sessie waarin jy wil deelneem.
KATEGORIE 4
Individue: 10 ure uitdaging
IIn hierdie kategorie neem individue deel vir die volle 10 ure van die marathon en poog om individueel al 10 sessies te spin. Daar is reeds 3 sulke individue wat geborg kan word.
KATEGORIE 5
24 uur uitdaging
In hierdie kategorie neem spanne deel en poog om in 24 uur die afstand tussen die Centurion Mall Waterkant en die Kaapstadse Waterkant af te lê. Spanne bestaan uit 2 tot 6 lede.
BORGSKAP
GELEENTHEDE
1. Borg ‘n span van ‘n Kinderhuis om deel te neem @ R1500 per span; Daar is spanne van Jakaranda Kinderhuis en Abraham Kriel in Potch wat graag wil deelneem; Die kinders sal t-hemde met die borg se embleem dra.

2. Borg die individuele deelnemers wat die 400km uitdaging aangeneem het. Borgskappe moet verkieslik nie minder as R30 / kilometer wees nie en kan enige bedrag bo dit wees, want baie geld is nodig om kinders in nood te help!

Die marathon duur van 08:00 tot 18:00 met sessies van sowat 50 minute elk. Spanne mag uit minder as 10 lede bestaan, dus mag spanlede in meer as een sessie deelneem.

Deelnemers sal elk ‘n medalje en handdoek geborg deur Exxaro ontvang. Energiedrankies, water en waterbottels sal voorsien word deur Powerade. Die winkels by Centurion Mall gee verder ook pryse wat tydens elke spin sessie gewen sal kan word met gelukstrekkings.

Kom word deel van die dag, of borg ‘n kinderhuis span om te kan deelneem. Dit is ‘n lekker spanbou geleentheid waarmee jou besigheid ook kinders in nood kan ondersteun. Maatskappye wat die projek ondersteun, sal belastingsertifikate ontvang.

Pete van der Merwe sal weer sorg dat daar voortdurend aksie is. Spanne van Super Sport, Kyknet se Binnelanders, asook SABC 2 se 7de Laan is genooi om deel te wees van die dag.

INSKRYWINGBESONDERHEDE:

Inskrywingsvorms: Stuur 'n epos na info@beeldkinderfonds.co.za of klik hier om die individuele inskrywingsvorm of die spanne se inskrywingsvorm af te laai.
Voltooi die inskrywingsvorm en faks dit voor of op 10 September, saam met jou bewys van betaling na 0866-234-155
Betalings kan gedoen word in die Beeld-Kinderfonds se bankrekening by ABSA, rek nr. 2840157329, takkode: 632-005 en die Verwysing: jou span se naam – betalings moet voor 12 September gedoen word asseblief.
Laat inskrywings is ook welkom!

Kontak Adrie van Staden by Beeld-Kinderfonds op 011 976-2273 of 073 749 2697 en epos: info@beeldkinderfonds.co.za / adrie@beeldkinderfonds.co.za vir navrae.

By voorbaat dankie vir u ondersteuning!! Ons vertrou dat u vanjaar deel sal wees van hierdie wonderlike geleentheid by Centruion Mall

Dirk Lourens is reg om 400 km te trap in die Spinning Marathon wat op 19 September aangebied word. By hom is Pete van Pete’s Sound, Corne Jansen van Centurion Mall en Adrie van Staden van Beeld-Kinderfonds. Die mikpunt is om 1000 deelnemers vanjaar te trek.

AccTech Systems