Volg ons Facebookblad vir die nuutste inligting en rakende Bonuspryse: Klik hier: https://www.facebook.com/profile.php?id=100066773388854&sk=grid
Die RSG-Beeld-Kinderfonds begin April elke jaar. Almal wat ‘n donasie aan die Beeld-Kinderfonds gee vanaf April tot November, staan ‘n kans om die motor te wen.
Beeld-Kinderfonds samel egter die hele jaar lank geld in. Ons finansiële jaar begin 1 April en duur tot 31 Maart. Gedurende Maart word al die geld wat oor die tydperk ingesamel is, uitbetaal aan welsynsorganisasies wat dienste lewer aan kinders in nood. Lees meer onder Begunstigdes.
Die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek is die jaarlikse motorkompetisie wat aangebied word in samewerking met RSG 100-104fm.
• R200,000 of ‘n Toyota Vitz is op die spel – die wenner sal kan kies tussen die kontant en die motor.
• R20,000 is ook op die spel as jy elke maand (of so gereeld as jy wil), donasies gee. Jy kan dan benewens die nuwe motor, ook hierdie kontantprys wen. Om te kwalifiseer vir die ekstra trekking, moet die toaal van jou bydraes aan die Beeld-Kinderfonds minstens R1800 wees teen November. Neem kennis: Jy kan maandeliks (of so gereeld as jy wil) enige bedrag skenk, solank die totaal van jou bydraes teen 5 November R1800 of meer is. Jy kan dit ook eenmalig skenk om vir die ekstra kontantprys te kwalifiseer.
• Bonuspryse: Een keer per maand is daar ook kontantpryse wat gewen kan word. Luister Spitstyd met Willem Pelser op RSG 100-104fm en hou Beeld-Kinderfonds se Facebooklad dop vir inligting: https://www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605/
Die projek begin April en sluit 7 November. Die trekking vind plaas op 19 November.
Hoe gemaak om inskrywings te kry?
• Gee ‘n donasie aan die Beeld-Kinderfonds. Gebruik enige van die betaalopsies hieronder om jou donasie te maak en jy is outomaties ingeskryf. Jy sal binne 48 uur ‘n sms of whatsapp-boodskap van Beeld-Kinderfonds ontvang, wat jou inskrywings sal bevestig.
♦ Met ‘n donasie van R50 kry jy een inskrywing, twee vir R100, drie vir R150, ens. ♦ Spesiale aanbod: Kry een ekstra gratis inskrywing as jy R250 skenk, jy kry dus 6 inskrywings vir in plaas van 5.
As jy elke maand ‘n donasie gee, sal jy outomaties ook in elke maand se bonusprystrekking wees. Die bonuspryse is hoofsaaklik ekstra kontantpryse (R5000) wat in ‘n bepaalde maand gewen kan word.
• Betaal per EFT: ABSA, tjekrekeningnr. 2840 157 329, takkode: 632005, verwysing: jou selfoonnommer, naam en van. (Jou selfoonnommer moet eerste op die verwysing wees).
• Betaal maklik en vinning met PayShap: Dit is funksie wat beskikbaar is op jou banktoepassing, gebruik dit om Beeld-Kinderfonds te betaal sonder dat jy bankbesonderhede nodig het, jy het slegs Beeld-Kinderfonds se ShapID nodig om te betaal. Beeld-Kinderfonds se ShapID is 0614794791. Gebruik jou selfoonnommer + jou naam as verwysing (jou selfoonnommer moet 1ste op die verwysing wees)
• Ons verkies betaling per EFT of met PayShap. Indien jy kontant wil inbetaal, doen dit slegs by ‘n ABSA-OTM (ATM). Kies kaartlose transaksies en volg die maklike aanwysings. Gebruik jou selfoonnommer eerste op die verwysing, daarna jou naam en van.
♦ Debiet- en kredietkaart betalings kan met jou banktoepassing gedoen word. Skandeer die QR-kode hieronder met jou banktoepassing en gebruik jou selfoonnommer + jou naam en van as verwysing (selfoonnommer moet 1ste op verwysing wees)
Of: Laai SnapScan af op jou foon of tablet. Dit is ‘n veilige, kaartlose betaalmetode van Standard Bank. Volg die maklike instruksies om jou krediet- of debietkaart te koppel, kies ‘n PIN en skandeer die Snapscan kode hieronder om jou donasie te maak, maklik en vinnig!

Jy kan soveel kere inskryf as wat jy wil, daar is geen beperking nie. Hoe meer donasies jy maak, hoe groter is jou kanse om te wen!• Gee jou donasie per sms. Neem kennis dat Beeld-Kinderfonds net omtrent die helfte van die sms se waarde kry, maar as dit die enigste manier is waarop jy kan skenk en deelneem, is ons dankbaar daarvoor. Daar is 2 opsies: 1. Sms KINDERS na 41511 (R30 / sms), omdat die inskrywingsfooi R50 per inskrywing is, moet jy minstens 2 sms’e stuur om in ag geneem te word vir die trekking. As jy nie per EFT of Snapscan ‘n bydrae kan maak nie, gebruik dan gerus hierdie metode om jou donasie te stuur.)
Neem kennis: Die spesiale aanbieding en kontantprys genoem hierbo geld nie vir sms inskrywings nie.
Die wenners sal telefonies gekontak en op RSG aangekondig word.
Wenners sal ook op die Beeld-Kinderfonds Facebookblad aangekondig word.
Vir navrae kontak Beeld-Kinderfonds op t: 061 4794791 of stuur ‘n epos na: info@beeldkinderfonds.co.za
Reëls:
• Geen werknemers van Die Papier en RSG en hul direkte huisgesinslede mag aan die kompetsie deelneem nie; • Alle beslissings is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie; • Pryse mag nie vir kontant omgeruil word nie; • Pryswenners sal met ‘n ewekansige rekenaartrekking aangewys word; • Pryswenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna in die media aangekondig word; • Die oorhandiging van die motor sal in Johannesburg plaasvind; • Die wenner van die motor moet op eie koste na Johannesburg reis om die prys in ontvangs te neem. • Die registrasie van die voertuig is nie ingesluit in by die prys nie.
Rules:
• Staff members of RSG and Die Papier and their direct family members, whom stay with them, may not participate in this competition; • All decisions are final and no correspondence will be entered into;
• Prizes may not be exchanged for cash; • Prize winners will be randomly chosen with an electronic draw;
• Winners will be notified telephonically, and will then be announced in the media and on the Beeld-Kinderfonds Facebook-page; • The handover of prizes will take place in Johannesburg • The winner of the motor vehicle will have to travel to Johannesburg at his / her own cost. • Photo’s / visuals of prizes are for illustration purposes only. • The registration of the vehicle is not included in the prize.
Webwerf met trots geborg deur:
AccTech Systems (Pty) Ltd.

Webwerf met trots geborg deur:
AccTech Systems (Pty) Ltd.