+27 (0)11-976-2273

RSG-Beeld-Kinderfondsprojek

Dis ‘n wen-wen!  Jy kan ‘n verskil maak in die lewens van baie kinders wat swaarkry. Skenk en staan ‘n kans om ‘n KIA Pianto te wen:

  • ‘n KIA Picanto 1.0 LX Manual ter waarde van R260,995 is die groot prys.
  • Wen R10,000 as jy in totaal R1400 tussen April en 6 November skenk.  Jy kan maandeliks of so gereeld as jy wil enige bedrag gee solank jou totale bydraes R1400 is teen 6 November. Jy kan ook R1400 eenmalig skenk om vir die R10,000 kontantprys te kwalifiseer.
  • Bonuspryse:  Een keer per maand is daar ook kontantpryse wat gewen kan word. Luister RSG en hou Beeld-Kinderfonds se Facebooklad dop vir inligting:  https://www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605/

Die projek begin gedurende April en sluit op 6 November.

 R50 per inskrywing, R100 vir 2, R150 vir 3 ens. 

♦  Spesiale aanbod:  Kry een gratis ekstra inskrywing as jy R200 skenk, jy kry dus 5 inskrywings vir R200 in plaas van 4.

Wen R10,000:  As jy elke elke maand minstens R200 skenk (of enige bedrag van jou keuse) en die totaal van jou donasies vanaf April tot November minstens R1400 is, kan jy benewens die KIA Picanto, ook R10,000 wen.

As jy met PayShap of per EFT skenk is jy outomaties ook in die bonusprystrekking vir die bepaalde maand waarin jou donasie gemaak is.

Hoe gemaak om inskrywings te kry?  • Gee ‘n donasie aan die Beeld-Kinderfonds.  Maak jou donasie op enige van die volgende maniere en jy is outomaties ingeskryf.  Jy sal binne 48 uur ‘n sms of whatsapp boodskap vanaf Beeld-Kinderfonds kry wat jou inskrywings bevestig. jou donasie op enige van die volgende maniere:

♦ Betaal Beeld-Kinderfonds: 

Betaal maklik en vinning met PayShap, ‘n funksie wat beskikbaar is op jou bank app, gebruik dit om Beeld-Kinderfonds te betaal sonder dat jy bankbesonderhede nodig het, jy het slegs Beeld-Kinderfonds se ShapID nodig om te betaal.  Beeld-Kinderfonds se ShapID is 0614794791. Gebruik jou selfoonnommer + jou naam as verwysing (jou selfoonnommer moet 1ste op die verwysing wees)

ABSA, tjekrekeningnr. 2840 157 329, takkode: 632005,  verwysing:  jou selfoonnommer, naam en van. (Selfoonnommer moet eerste op die verwysing wees).

Ons verkies betaling per EFT of met PayShap. Indien jy kontant wil inbetaal, doen dit slegs by ‘n ABSA-OTM (ATM), kies kaartlose transaksies en volg die maklike aanwysings.  Gebruik jou selfoonnommer eerste op die verwysing, daarna jou naam en van.

♦ Gee jou donasie per sms.  Neem kennis dat Beeld-Kinderfonds net omtrent die helfte van die sms se waarde kry, maar as dit die enigste manier is waarop jy kan skenk en deelneem, is ons dankbaar daarvoor.   Daar is 2 opsies:   1. Sms KINDERS na 41511 (R30 / sms), omdat die inskrywingsfooi R50 per inskrywing is, moet jy minstens 2 sms’e stuur om in ag geneem te word vir die trekking.  Daar is ‘n R50-sms: sms KINDERS  na 48546.   Dis ‘n 2-stap sms waarop jy moet reageer om R50 te skenk. Daar is ongelukkig selfoonnetwerk en selfoonkontrak beperkinge op die R50-sms. As jy geen reaksie kry wanneer jy hierdie sms stuur nie, beteken dit dat jy nie die R50-sms kan gebruik nie.  (Die selfoonnetwerke neem sowat R23 per sms in fooie)  As jy nie per EFT of Snapscan ‘n bydrae kan maak nie, gebruik dan gerus hierdie metode om jou donasie te stuur.)

Neem kennis:  Die spesiale aanbieding en R10,000 kontantprys genoem hierbo geld nie vir sms inskrywings nie.

Debiet- en kredietkaart betalings kan met jou banktoepassing gedoen word. Skandeer die QR-kode hieronder met jou banktoepassing en gebruik jou selfoonnommer + jou naam en van as verwysing (selfoonnommer moet 1ste op verwysing wees)  OF Laai SnapScan af op jou foon of tablet.  Dit is ‘n veilige, kaartlose betaalmetode van Standard Bank.  Volg die maklike instruksies om jou kredietkaart te koppel, kies ‘n PIN en skandeer die Snapscan kode hieronder om jou donasie te maak, maklik en vinnig!

Jy kan soveel kere inskryf as wat jy wil, daar is geen beperking nie.  Hoe meer donasies jy maak, hoe groter is jou kanse om te wen!

Die projek sluit op 6 November om middernag en die trekking vind plaas op 11 November en die wenners sal telefonies gekontak en aangekondig word.  Wenners sal op die Beeld-Kinderfonds Facebookblad aangekondig word.

Vir navrae kontak Beeld-Kinderfonds op t: 061 4794791 of stuur ‘n epos na: info@beeldkinderfonds.co.za

Reëls:
• Geen werknemers van Beeld, RSG, KIA Motors SA en hul direkte huisgesinslede mag aan die kompetsie deelneem nie;  • Alle beslissings is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie;  • Pryse mag nie vir kontant omgeruil word nie;  • Pryswenners sal met ‘n ewekansige rekenaartrekking aangewys word;  • Pryswenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna in die media aangekondig word;  • Die oorhandiging van die motor sal in Johannesburg plaasvind;  • Die wenner van die motor moet op eie koste na Johannesburg reis om die prys in ontvangs te neem;  • Die kleur van motor wat gewen word is onderhewig aan beskikbaarheid;

Rules:
• Staff members of Beeld, RSG, KIA Motors SA and their direct family members, whom stay with them, may not participate in this competition;  • All decisions are final and no correspndence will be entered into;
• Prizes may not be exchanged for cash;  • Prize winners will be randomly chosen with an electronic draw;
• Winners will be notified telephonically, and will then be announced in the media and on the Beeld-Kinderfonds Facebookpage;  • The handover of prizes will take place in Johannesburg  •  The winner of the motor vehicle will have to travel to Johannesburg at his / her own cost.  • Photo’s / visuals of prizes are for illustration purposes only;

css.php