Jy het die mag om 'n kind te laat lag!
Gee 'n bydrae en maak 'n verskil vandag.
Die Beeld-Kinderfonds is 'n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie (NPO) en openbare weldaadorganisasie (PBO). Die Fonds is in 1977 gestig en streef daarna om kinders in nood te help deur spesifiek te fokus op programme wat hulle ontwikkel na liggaam, siel en gees.
Beeld-Kinderfonds samel geld in vir kinders in nood. Jy kan 'n donasie gee of deelneem aan een van ons fondsinsamelingsprojekte.
Beeld-Kinderfonds is geregistreer as 'n publieke weldaadsorganisasie (PBO) en mag Art 18A kwitansies uitreik vir belastingafslag.
Volg ons Facebook-blad vir die nuutste inligting.
Dis maklik om 'n bydrae te maak
Ons het 'n betaalportaal
Klik hier om betalings te doen met jou kredietkaart of per “instant EFT”.
Betaal Beeld-Kinderfonds per EFT of met PayShap
Beeld-Kinderfonds bankbesonderhede: ABSA, Tjekrekening 2840157329, gebruik jou selfoonnommer as verwysing.
OF
Betaal sonder ’n bankrekeningnommer met Payshap, beskikbaar op jou banktoepassing. Kies Payshap as betaalmetode en gebruik Beeld-Kinderfonds se Payshap ID: 0614794791 om betaling te maak, dis maklik en die betaling is onmiddellik. Gebruik jou selfoonnommer as verwysing.
Indien jy kontant wil inbetaal, doen dit slegs by ‘n ABSA OTM en kies kaartlose transaksies. Moenie betalings binne die bank by ‘n kassier doen nie, die bankfooie is baie hoog. OTM-transaksies is gratis.
Betaal met jou banktoepassing of doen 'n kaarttransaksie
Of Skandeer die QR-kode hieronder met jou banktoepassing se skandeerfunksie.
Of Laai die Snapscan-toepassing af op jou mobiele toestel, dis ‘n gratis, veilige toepassing van Standard Bank.
Jy kan herhalende betalings opstel met Snapscan indien jy elke maand ‘n donasie wil gee. Dit werk soos ‘n debietorder en gaan dan so gereeld as wat jy wil outomaties van jou rekening af. Jy kan dit ook enige tyd kanselleer, die beheer is in jou hande.
Ons Missie
Die Beeld-Kinderfonds samel geld in om projekte te ondersteun, wat nie net tydelike verligting bring vir kinders wat swaarkry nie, maar ook die siklus van armoede in kinders se lewens probeer breek, sodat hulle as volwassenes onafhanklik van staatstoelaes en welsynshulp kan wees. Klik hier vir meer inligting.
1977
NPO 003-982
Vlak / Level 1 BBEEE for exempted organisations
Art 18A; Geregistreer as 'n PBO; bydraes is belastingaftrekbaar; Donations are tax deductible
Dankie aan CMV Rekenmeesters vir hulle diens en ondersteuning. Dit is 'n groot voorreg om CMV se ondersteuning te geniet.
Beeld-Kinderfonds is geregistreer as ‘n nie-winsgewende organisasie (NPO) en ‘n openbare weldaadsorganisasie (PBO) en mag Artikel 18A kwitansies uitreik vir belastingafslag. Stuur die bewys van betaling na info@beeldkinderfonds.co.za indien ’n Art 18A kwitansie verlang word. Sluit die naam en adres van die skenker by die epos in.
DIREKTE BETALING
Beeld-Kinderfonds
ABSA Bank
Rek.: 2840157329
Tak: 632005
Verwysing: Jou selfoonnr, naam en van.
Ons verkies betaling per EFT. Indien jy kontant wil inbetaal, doen dit slegs by ‘n ABSA-OTM (ATM), kies kaartlose transaksies en volg die maklike aanwysings. Gebruik jou selfoonnommer eerste op die verwysing, daarna jou naam en van.
SNAPSCAN
Laai die SnapScan App af, skandeer die QR kode hier bo en maak ‘n donasie.
SMS
SMS die woord KINDERS en jou naam en van na 41511. Die donasie-SMS kos R30.
Baie Dankie!
Gesels met ons
Kontak ons gerus direk op die onderstaande besonderhede vir meer inligting.