+27 (0)11-976-2273

RSG-Beeld-Kinderfondsprojek

Dis ‘n wen-wen!  Jy kan ‘n verskil maak in die lewens van baie kinders wat swaarkry. Skenk en staan ‘n kans om ‘n KIA Pianto te wen:

  • ‘n KIA Picanto Start 1.0, ter waarde van  R214,900 is die groot prys.
  • Badplaas, ‘n Forever Resort, skenk ‘n naweek vir 6 persone wat een akkomodasie-eenheid deel.  Dit sluit ook wildritte in.  Badplaas is bekend vir sy helende warm water, waterblybane en vele ander lekker aktiwiteite.
  • Bonuspryse:  Een keer per maand is daar ook bonuspryse wat gewen kan word. Luister RSG en hou Beeld-Kinderfonds se Facebooklad dop vir inligting:  https://www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605/

Die projek begin sluit op 5 November.

 4 inskrywings vir R100 / 8 vir R200, of R30 vir een.  Sien die inligting hieronder.

Ons wil jou aanmoedig om maandeliks ‘n bydrae / donasie te gee.  Elkeen wat Mei / Junie tot November, minstens 5 maandelikse bydraes (minstens R100 per maand) gemaak het, sal 5 tot 6 bonus inskrywings kry.  Die inskrywings word toegeken wanneer die projek gesluit het en ons die maandelikse bydraes kon bepaal.  Dit is addisioneel tot die onderstaande aanbiedinge.

Spesiale aanbod 1:  As jy R100 skenk, sal jy 4 inskrywings kry (dis 1 gratis inskrywing) vir die groot pryse hierbo genoem, jy is ook in die trekking vir een bonusprys per maand.  Die aanbod geld slegs vir donasies wat betaal word met internet bankdienste / telefoonbankdienste of kredietkaart (via Snapscan, sien hieronder). As jy dit maandeliks doen, kry jy ook bonusinskrywings.

Spesiale aanbod 2: As jy R200 per maand skenk, sal jy 8 inskrywings kry elke maand kry. (Dit gee jou 2 gratis inskrywings) Jy is dan outomaties ingeskryf vir al die bonuspryse en die groot pryse wat hierbo genoem word.  Die aanbod geld slegs vir donasies wat betaal word met elektroniese oordrag (internet bankdienste of telefoonbankdienste), of per kredietkaart (via Snapscan, sien hieronder)

Maak jou donasie op enige van die volgende 3 maniere:

♦ Betaal Beeld-Kinderfonds: 

    ABSA, rek. nr. 2840 157 329, takkode: 632005,  verwysing:  jou selfoonnommer, naam en van.  Ons verkies betaling per EFT. Indien jy kontant wil inbetaal, doen dit slegs by ‘n ABSA-OTM (ATM), kies kaartlose transaksies en volg die maklike aanwysings.  Gebruik jou selfoonnommer eerste op die verwysing, daarna jou naam en van.

SMS: KINDERS  na 41511 (R30 per sms).    Jy kan ook jou naam en adres byvoeg.      (Die selfoonnetwerke neem sowat R15 per sms en Beeld-Kinderfonds kry dus sowat R15 per sms.  As jy nie per EFT of Snapscan ‘n bydrae kan maak nie, gebruik dan gerus hierdie metode om jou donasie te stuur.)   Die spesiale aanbiedinge geld nie vir sms inskrywings nie.

Debiet- en kredietkaart betalings:  Laai SnapScan af op jou foon of tablet.  Dit is ‘n veilige, kaartlose betaalmetode van Standard Bank.  Volg die maklike instruksies om jou kredietkaart te koppel, kies ‘n PIN en skandeer die Snapscan kode hieronder om jou donasie te maak, maklik en vinnig!

Jy kan soveel kere inskryf as wat jy wil, daar is geen beperking nie.  Hoe meer donasies jy maak, hoe groter is jou kanse om te wen!

Die trekking vind plaas op 13 November en die wenners sal telefonies gekontak en aangekondig word.  Wenners sal op die Beeld-Kinderfonds Facebookblad aangekondig word.

Vir navrae kontak Beeld-Kinderfonds op t: 061 4794791 of stuur ‘n epos na: info@beeldkinderfonds.co.za

Reëls:
• Geen werknemers van Beeld, RSG, KIA Motors SA en hul direkte huisgesinslede mag aan die kompetsie deelneem nie;  • Alle beslissings is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie;  • Pryse mag nie vir kontant omgeruil word nie;  • Pryswenners sal met ‘n ewekansige rekenaartrekking aangewys word;  • Pryswenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna in die media aangekondig word;  • Die oorhandiging van die motor sal in Johannesburg plaasvind;  • Die wenner van die motor moet op eie koste na Johannesburg reis om die prys in ontvangs te neem;  • Die kleur van motor wat gewen word is onderhewig aan beskikbaarheid;

Rules:
• Staff members of Beeld, RSG, KIA Motors SA and their direct family members, whom stay with them, may not participate in this competition;  • All decisions are final and no correspndence will be entered into;
• Prizes may not be exchanged for cash;  • Prize winners will be randomly chosen with an electronic draw;
• Winners will be notified telephonically, and will then be announced in the media and on the Beeld-Kinderfonds Facebookpage;  • The handover of prizes will take place in Johannesburg  •  The winner of the motor vehicle will have to travel to Johannesburg at his / her own cost.  • Photo’s / visuals of prizes are for illustration purposes only;