+27 (0)11-976-2273

Spinnathon (Spinning marathon)

SPINNATHON / SPINNING MARATHON ten bate van Beeld-Kinderfonds

Need information in English? Click here for Spinnathon information or send an email to info@beeldkinderfonds.co.za and it will be sent to you.  Or send a sms to 061 479 4791.      

Loftus Park Spinning marathon:

Loftus Park is die Spinning marathon se nuwe tuiste

Datum / Date:  Sat. 7 September 2024
08:00 – 14:00 – 6 sessies van 50 minute elk / 6 session of 50 minutes each.

Die geleentheid is ten bate van Beeld-Kinderfonds, wat geld insamel om kinders in nood te help via welsynsorganisasies.  Dit is kinders wat mishandel, gemolesteer en verwaarloos is. Ons help ook kinders in arm gemeenskappe met dagsorg, voeding, hulp met skoolwerk en naskoolsorg, asook lewens- en vaardigheidsontwikkeling.

Algemene Inligting: Elke deelnemer kry water en PVM energiestafies.  Dit is ‘n lekker pret geleentheid en goeie oefensessie, waarmee julle ook kinders in nood help.

Ons daag besighede, sosiale groepe en sportklubs uit om spanne in te skryf!

Hoe werk dit?
♦ Die marathon duur 6 ure, vanaf 08:00 tot 14:00;
♦ Opgeleide spinninginstrukteurs sal die sessies lei.
♦ Daar is 6 sessies van 50 minute elk, met ‘n pouse van 10 minute na elke sessie.
♦ Elke sessie sal op die uur begin;

♦ Jy kan op jou eie deelneem aan die 6 sessies, genoem die 6-ure uitdaging.
♦ Neem deel as ‘n span: spanne bestaan uit minimum 2 en maksimum 6 persone.
♦ ‘n Fiets word aan ‘n span toegeken vir die dag en die span moet seker maak dat sy fiets beman is vir die duur van die marathon.
6 URE-INDIWIDUELE UITDAGING:  Vir die indiwidue wat aan al 6 sessies wil deelneem.

Neem deel in enige van die volgende kategorieë:

Spanne neem deel teen die spanfooi van R2000. ‘n Span mag 2 – 6 lede hê. As jy nie self ‘n span wil inskryf nie, kan jy ‘n kinderhuisspan borg @ R2000 om aan die dag deel te neem.  Stuur ‘n epos na info@beeldkinderfonds.co.za om te vra vir ‘n inskrywingsvorm of stuur jou eposadres na 0614794791 en ons sal dit aan jou epos.

Daag ook ander besighede of besigheidseenhede uit om aan die Spinning marathon deel te neem!

6 ure-uitdaging vir indiwidue
In hierdie kategorie neem ‘n indiwidu deel aan al 6 sessies van die marathon. Die minimum borgskap is R2000, dis egter ‘n ideale geleentheid om ekstra geld in te samel vir Beeld-Kinderfonds, werf borge om jou per uur te borg of net donasies te maak t.o.v. jou deelname.  Ons kan borg- en donasievorms aan jou beskikbaar stel.  Ons sal graag met jou wil gesels as jy in hierdie opsie belangstel, skakel Adrie op 061 4794791 of stuur ‘n epos na info@beeldkinderfonds.co.za

Borgskap geleenthede:
• Borg die indiwiduele deelnemers wat die 6 ure uitdaging aangeneem het. Borgskappe werk op die basis van R 200 tot R1000 per uur.
•  Borge sal Art 18A belastingsertifikate ontvang, wat van belasting afgetrek of teruggeëis kan word.

Kom word deel van die dag, of borg ‘n kinderhuisspan om te kan deelneem. Dit is ‘n lekker spanbou geleentheid waarmee jou besigheid ook kinders in nood kan ondersteun. Daag ook ander spanne uit om deel te neem!

Inskrywings:  Voltooi die inskrywingsvorm (indiwidue of spanne) en stuur dit voor of op 22 Augustus, saam met jou bewys van betaling na info@beeldkinderfonds.co.za
Betalings kan gedoen word in die Beeld-Kinderfonds se bankrekening by ABSA, rek nr. 2840157329, takkode: 632-005 en die verwysing: jou span se naam.

Kontak die Beeld-Kinderfonds op 0614794791, of stuur ‘n epos na info@beeldkinderfonds.co.za

Beeld-Kinderfonds is ‘n nie-winsgewende organisasie wat gelde insamel vir kinders in nood. Die geld word gebruik vir ontwikkelingsprojekte van kinders in armoedige omstandighede. Die doel is om kinders so te ontwikkel dat hulle as volwassenes onafhanklik van staatstoelaes en welsynshulp sal kan lewe.
Ons mikpunt met die Spinning marathon is om R 160,000 000 in te samel, wat gebruik sal word vir die ontwikkeling van arm kinders. Die fokus is op skoolgereedheid en huiswerkhulp aan skoolgaande kinders. Die programme sluit ook vaardigheidsontwikkeling en daaglikse etes in.

css.php