+27 (0)11-976-2273

RSG-Beeld-Kinderfondsprojek

Dis ‘n wen-wen!  Jy kan ‘n verskil maak in die lewens van baie kinders wat swaarkry. Skenk en staan ‘n kans om ‘n KIA Pianto te wen:

  • ‘n KIA Picanto  ter waarde van  meer as R200,000 is die groot prys.  Die model sal binnekort bekend gemaak word, aangesien KIA Motors Suid-Arika binnekort ‘n nuwe model in Suid-Afrika bekendstel.
  • Bonuspryse:  Een keer per maand is daar ook kontantpryse wat gewen kan word. Luister RSG en hou Beeld-Kinderfonds se Facebooklad dop vir inligting:  https://www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605/

Die projek begin gedurende April en sluit op 6 November.

 R50 per inskrywing

Spesiale aanbod:  Kry een inskrywing gratis as jy R200 skenk, dus 5 inskrywings vir R200 in plaas van 4.

Wen R10,000:  As jy elke elke maand minstens R200 skenk, of die totaal van jou donasies vanaf April tot November minstens R1400 is, kan jy benewens die KIA Picanto, ook R10,000 wen.

As jy per EFT skenk is jy outomaties ook in die bonusprystrekking vir die bepaalde maand waarin jou donasie gemaak is.

Maak jou donasie op enige van die volgende 3 maniere:

♦ Betaal Beeld-Kinderfonds: 

ABSA, tjekrekeningnr. 2840 157 329, takkode: 632005,  verwysing:  jou selfoonnommer, naam en van. (Selfoonnommer moet eerste op die verwysing wees).

Ons verkies betaling per EFT. Indien jy kontant wil inbetaal, doen dit slegs by ‘n ABSA-OTM (ATM), kies kaartlose transaksies en volg die maklike aanwysings.  Gebruik jou selfoonnommer eerste op die verwysing, daarna jou naam en van.

SMS: KINDERS  na 48546 (R50 per sms).   Dis ‘n 2-stap sms.  Jy kan ook jou naam en adres byvoeg.      (Die selfoonnetwerke neem sowat R23 per sms in fooie)  As jy nie per EFT of Snapscan ‘n bydrae kan maak nie, gebruik dan gerus hierdie metode om jou donasie te stuur.)   Die spesiale aanbiedinge geld nie vir sms inskrywings nie.

 

Debiet- en kredietkaart betalings:  Laai SnapScan af op jou foon of tablet.  Dit is ‘n veilige, kaartlose betaalmetode van Standard Bank.  Volg die maklike instruksies om jou kredietkaart te koppel, kies ‘n PIN en skandeer die Snapscan kode hieronder om jou donasie te maak, maklik en vinnig!

Jy kan soveel kere inskryf as wat jy wil, daar is geen beperking nie.  Hoe meer donasies jy maak, hoe groter is jou kanse om te wen!

Die trekking vind plaas op 13 November en die wenners sal telefonies gekontak en aangekondig word.  Wenners sal op die Beeld-Kinderfonds Facebookblad aangekondig word.

Vir navrae kontak Beeld-Kinderfonds op t: 061 4794791 of stuur ‘n epos na: info@beeldkinderfonds.co.za

Reëls:
• Geen werknemers van Beeld, RSG, KIA Motors SA en hul direkte huisgesinslede mag aan die kompetsie deelneem nie;  • Alle beslissings is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie;  • Pryse mag nie vir kontant omgeruil word nie;  • Pryswenners sal met ‘n ewekansige rekenaartrekking aangewys word;  • Pryswenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna in die media aangekondig word;  • Die oorhandiging van die motor sal in Johannesburg plaasvind;  • Die wenner van die motor moet op eie koste na Johannesburg reis om die prys in ontvangs te neem;  • Die kleur van motor wat gewen word is onderhewig aan beskikbaarheid;

Rules:
• Staff members of Beeld, RSG, KIA Motors SA and their direct family members, whom stay with them, may not participate in this competition;  • All decisions are final and no correspndence will be entered into;
• Prizes may not be exchanged for cash;  • Prize winners will be randomly chosen with an electronic draw;
• Winners will be notified telephonically, and will then be announced in the media and on the Beeld-Kinderfonds Facebookpage;  • The handover of prizes will take place in Johannesburg  •  The winner of the motor vehicle will have to travel to Johannesburg at his / her own cost.  • Photo’s / visuals of prizes are for illustration purposes only;